AWA

O Som da África (feat. Anselmo Ralph) feat. Anselmo Ralph

0
0
  • 2012.01.01
  • 3:50
AWAで聴く

歌詞

Ek het gedroom jy't opgestaan uit jou dood En aan my deur kom klop soos altyd met blomme, wyn en brood Jy sê: ek moes net vinnig wegkom en jy maak die bottel oop Ek is jammer oor die drama, maar dis die pad wat ek moes loop Jy gaan sit op die rusbank en glimlag verleë My mond is droog, my hande beef as ek die glase vir jou gee Het jy enige idee hoe ons gevoel het met jou dood Jy was selfsugtig, jy was wreed, jy sê: Miss Mandy, sny die brood En so hard soos ek probeer kan ek nie uit die droom ontsnap En ek sê vir God, Meester, hierdie droom is n siek grap Maar hier sit ons op my rusbank en jy kyk my in die oë En jy sê ek moet vir altyd in die liefde bly glo Hmm hmm Ek sny die brood, skink die wyn, sit die blomme in n pot Terwyl jy giggel oor die knipsels uit die Beeld en die Rapport Daar's meer, sê ek, lees Marie Claire en die Huisgenoot En Litnet het ontplof met huldeblyke na jou dood Van Amsterdam tot Sydney is daar oor jou gerou En RSG speel sedertdien elke dag n lied van jou By n uitstalling in Oudtshoorn oor jou lewe en jou werk Het die mense kom kyk en huil, dit was heilig, soos 'n kerk Dan sit jy jou bord neer, en lê jou kop op my skoot Jy sê: moenie hartseer wees nie, ek is nie regtig dood Solank jy my onthou sal ek lewe in jou kop En net jy kan besluit om die herinnerings te stop Miss Mandy, onthou jy hoe't ons Saterdae geloop Deur Hillbrow se strate, ons was jonk en so vol hoop En onthou jy die pub lunch in die Chelsea hotel Ons het die slegste bord vis en tjips op aarde bestel En jou gesig begin verdoof in die strale van die son En waar jy my op skoot gerus het lê n blou ballon En ek weet dat jy moes terugkeer na die ander kant Waar jy altyd jonk en vry sal wees en die lewe jou nie brand

このページをシェア

Banda Calypsoの人気曲

Banda Calypsoのアルバム

Banda Calypso
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし