Wie kom hier op die grootpad aan, met blomme in haar hare? Wie is dit wat so loslit dans op die ritme van kitare? Die sekelmaan hang om haar nek, die son woon in haar keel Sy dra die reënboog op haar kop, sy't die môrester gesteel En sy dra slippers van satyn Slippers van satyn Slippers van satyn Dis die nuwe lyn Instrumenteel Sy's nie van hier, sy's gestuur, haar rugsak vol robyne Haar krale blink en haar voete stamp sy slaan die tamboeryne Sy dans 'n stofstreep oor die werf, die kleingoed agterna En die kêrels spook om by te hou, die ou goed word gedra En sy dra slippers van satyn Dis die regte medisyne vir die skete en die pyne Slippers van satyn Dis die regte medisyne vir die skete en die pyne Slippers van satyn Piekfyn! Dis die nuwe lyn Instrumenteel Wie, wie, wie om hier op die grootpad aan? Wie, wie, wie is dit vat so loslit dans? Wie, wie, wie om hier op die grootpad aan? Wie, wie, wie is dit vat so loslit dans? En sy dra slippers van satyn Dis die regte medisyne vir die skete en die pyne Slippers van satyn Dis die regte medisyne vir die skete en die pyne Slippers van satyn Dis die nuwe lyn Piekfyn!