Ek het lankal immigreer, na 'n kamer in my kop Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop My kamer bied 'n skuilte, as die storms daar buite woed My kamer ken geheime, my kamer ken my goed Beskut my teen 'n wêreld, waar ek ongemaklik leef Bevry my van bagasie, en laat my rustig wees Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan Ek reis al meer na binne Tot dit tyd word om te gaan Tyd word Om te gaan Instrumenteel My kamer het geen meubels, geen boek of skildery Geen spinnerak of rommel, om my aandag af te lei My kamer het groot vensters, sonder luike of gordyn Die uitsig onbelemmerd, net die son wat helder skyn Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan Ek reis al meer na binne Tot dit tyd word om te gaan Ons ken die komplot van die drama Elke eeu word daar flink repeteer Net die rolverdeling en dekor verander Maar waar is die groot regisseur? Waar is die groot regisseur? Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan Ek reis al meer na binne Tot dit tyd word om te gaan Tyd word Om te gaan