Ek dink terug vanaand aan my 14de jaar Ek was maar pas met st 7 klaar En aan hom, breedgeskouerd, gespierd en lank Hy was die eerstespan se beste flank! Oo, hoe, my eerste liefde Mmm, eerste liefde Met sy donker hare en sy donker oë Het hy my knieë lam getoor Oo, hoe, my eerste liefde Mmm, eerste liefde Oo,hoe met sy donker hare en sy donker oë Het hy my knieë lam getoor Blink was my hare elke dag gewas Hartjies geteken oral op my tas Ek het myself vir hom mooi gemaak Met diëte hier, en oefeninge daar! Dag na dag het ek vir hom gewag En lank voor die spieël geoefen om te glimlag Maar die dae het later maande geword En die maande later, sewe jaar! Oo, hoe, my eerste liefde Mmm, eerste liefde Mmm, met sy donker hare en sy donker oë Het hy my knieë lam getoor Eerste liefde Mmm, eerste liefde Mmm, met sy donker hare en sy donker oë Het hy my knieë lam getoor Vandag was ek skielik, olik by die werk 'n Dokter is geroep om my aan te sterk En toe ek opkyk, kon ek dit nie glo Voor my was die man met die donker oë My siekte het gewyk, soos son voor die mis Ek het na hom gestaar of hy myne is Sy hande was stil en sy glimlag eg Toe't ek geweet - Die lewe is reg! Oo, hoe, my eerste liefde Mmm, eerste liefde Mmm, met sy donker hare en sy donker oë Het hy my knieë lam getoor Eerste liefde Mmm, eerste liefde Mmm, met sy donker hare en sy donker oë Het hy my knieë lam getoor Eerste liefde La, la , la, la, la, la La, la , la,la, la, la, la ,la La, la ,la,la, la Oo,hoe, my eerste liefde La, la , la, la, la, la La, la , la,la, la, la, la ,la La, la ,la,la, la