Soos wind, oor 'n blaar, soos 'n veertjie, sommer maar As mense met jou mors, as jy vies is, of nors Is ek daar Soos die lente, elke jaar Soos 'n wit bloeiselblaar As jy moeg is en verniel is, soos 'n kaggel vir die siel is ek daar Lewe jou lewe, my engeltjiekind Altyd gerus, ek is daar in die wind Jy kan my nie sien nie, maar ek dink tog jy ken my Altyd gerus, in die weer en die wind Lewe jou lewe My engeltjiekind As die stormwind waai, en die blitse begin laai As die onweer jou tref, moet jy besef ek is net om die draai Wie gaan jou bewaar as jy dink daar's gevaar? As jy koud kry of bang is, soos die asem teen jou wang is ek daar Lewe jou lewe, my engeltjiekind Altyd gerus, ek is daar in die wind Jy kan my nie sien nie, maar ek dink tog jy ken my Altyd gerus in die weer en die wind Lewe jou lewe My engeltjiekind Is dit 'n ou-ou goue blaar, waarna jy so sit en staar? Dis net kinders wat luister, as blare begin fluister, vir mekaar Lewe jou lewe, my engeltjiekind Altyd gerus, ek is daar in die wind Jy kan my nie sien nie, maar ek dink tog jy ken my Altyd gerus in die weer en die wind Lewe jou lewe My engeltjiekind.]