Daar was 'n tyd, dis waar dat sy uit sy hand kon eet; is dit genoeg om dit te weet in hierdie dae? Dis moeilik om te sê waar die skeuring werklik lê en hy wonder: sou dit help om te beding? Want in elke sin skuil daar 'n swaard in elke woord wag daar 'n lem die patroon is so gevestig, so bestem: elk' gesprek 'n doodloopstraat Hy bel dus desperaat 'n kennis van weleer: -kan ek jou sien, miskien? -ja, natuurlik, ek verstaan -en die kinders is belangrik -nee nog self geen kind of kraai nie -ek wil my jeug nie so verraai nie -tot siens dan -gee my groete aan jou man (herhaal vers 1)