as die jagters van die donkerbos 'n bloedspoor teen die sneeudrif los kan jy by my kom lê as die wolwe teen die hortjies huil en die winterson in jou bloed kom skuil kan jy by my kom lê maar as die brose lente roer in die limbo van die aarde sal jy vir my 'n lapkind gee met sagte haar' en sagte oë soos die fluweelsnoet van 'n rendier